Vernon & Marizelle {wedding}

Hierdie was vir my regtig 'n lekker troue om af te neem. Die venue is vreeslik mooi en die pragtige couple het soveel moeite en 'thought' in alles gesit. Dis ook die eerste keer wat ek 'n bruidspaar afneem wat 'first look' doen - m.a.w hulle sien mekaar en ons doen die 'couple shoot' voor die seremonie. Dit was so spesiaal toe hulle mekaar sien. As jy nou wil sien hoe twee verliefde mense vir mekaar kyk moet jy hierdie foto's sien. Julle liefde vir mekaar skyn deur elke foto en dit was so mooi om te sien en vas te vang. Ek hoop julle geniet die huwelik en dat julle jare en jare se geluk sal he - en mag julle self op 80 nogsteeds met soveel liefde en deernis na mekaar kyk!

Ecclesiastes 9:9:"Enjoy life with the woman you love all the days of your life..."

Venue: Langkloof Roses
Blomme: Alsmoi
Hare & Makeup: Marsell Bester
Rok: Weddings by Design


















































You Might Also Like

0 comments